top of page
All Posts


ONDERHOUD: KONSTANT WIESNER MAAK GEREED VIR DEBUUTENKELSNIT
Nadat hy vanjaar tot die finale ronde van die Ruk en Rym-kompetisie deurgedring het, maak die Melkbosstrand-liedjieskrywer en musikant Konstant Wiesner nou gereed om sy eerste enkelsnit die wêreld in te stuur. Sy klank is gebou op eerlike stories, akoestiese elemente en die op- en afdraandes van die lewe.
KARLA BOSCH
4 days ago2 min read


WELKOM BY KROGKORP: 'JANTJIE KROG' MAAK VAN PUNK ’N KORPORATIEWE NAGMERRIE
Jantjie Krog is die nuwe solo-alter ego van Janke Mostert, bekend as sangeres en liedjieskrywer van die Afrikaanse punkgroep Dierbaar. Hoewel sy nog geen ateljeemusiek onder dié naam uitgereik het nie en Daisy Jones slegs haar tweede optrede sal wees, bestaan daar reeds ’n volledige wêreld rondom die karakter.
KARLA BOSCH
6 days ago2 min read


'SENTIMENT' WYS ROCK SE SAGTER KANT MET HUL DEBUUT
’n Nuwe naam kom na vore in die Afrikaanse rocktoneel met groot drome, groot kore en selfs groter emosie. SENTIMENT se eerste enkelsnit, "Ek Wil Jou Sien", is uiteindelik beskikbaar. Die groep is die spanpoging van Jako Meyer op sang en Regardt Scheepers op kitaar, met ’n gereelde groep sessiemusikante wat hulle ondersteun.
KARLA BOSCH
Sep 112 min read


AFRIKALT SE 'BOERE PUNK TOER' VAT DIE PAD
Vyf dorpe, vyf aande en ’n sterk dosis alternatiewe Afrikaanse musiek: Afrikalt se Boere Punk Toer trek van 15 tot 19 September deur die land met ’n wisselende groep kunstenaars. AfriKalt skop op 15 September sy Boere Punk Toer by Bohemia in Stellenbosch af. Van daar beweeg die toer deur Burgersdorp, Bloemfontein en Klerksdorp, voordat dit op 19 September by Railways Café in Centurion tot ’n einde kom.
KARLA BOSCH
Sep 102 min read


REETS: KEER DIE JAG OM MET NUWE ENKELSNIT “BOK”
Wanneer begeerte oorneem, is dinge nie altyd soos dit lyk nie. Dit is die gedagte agter Reets se nuutste enkelsnit, “Bok”, waarin die jagter uiteindelik self die gejagte word. Die lied vertel ’n waarskuwende verhaal oor hoe begeerte ’n mens blind kan maak vir wat werklik in ’n situasie gebeur.
KARLA BOSCH
Sep 12 min read


SCHWABIE MAAK GEREED VIR NUWE ALBUM “VREEDSAAM”
Schwabie se nuwe album, “Vreedsaam”, word op 9 Oktober uitgereik. Voor die volledige album verskyn, kan luisteraars uitsien na twee nuwe vrystellings, waarvan “Vrede” op 4 September die eerste is.
KARLA BOSCH
Aug 311 min read


FRANCOIS VAN COKE EN ZAAN SONNEKUS LEEF VOLUIT IN “LEWE”
Francois van Coke en Zaan Sonnekus is terug met “LEWE”, hul tweede enkelsnit saam ná “Almal Baklei” in 2023. Hierdie keer gaan dit minder oor baklei en meer oor die soort oomblikke wat ’n mens nie te lank moet uitstel nie.
KARLA BOSCH
Aug 282 min read


JANIE BAY EN HUNTER KENNEDY KEER TERUG MET “HOU BENE HOU”
Janie Bay en Hunter Kennedy werk saam aan musiek sedert 2017. “Wag Vir Jou” was hul eerste liedjie en Afrikaanse luisteraars het dit goed ontvang. Hulle het die samewerking in 2024 voortgesit met “Ons Verander”. Die liedjie het in 2025 die Aitsa-toekenning vir Beste Alternatiewe/Rock-liedjie gewen en word steeds op radiostasies regoor Suid-Afrika gespeel. Nou voeg die twee kunstenaars ’n derde hoofstuk by hul samewerking. Hulle doen dit met die alternatiewe popsnit “Hou Bene
KARLA BOSCH
Aug 261 min read


VOLROOM EN STEEDS AAN DIE GANG: DIE MELKTERT KOMMISSIE
Die Melktert Kommissie het hul plek in die MK-era gevestig met melodie en sterk lirieke. Hul musiek was maklik om na te luister, maar het altyd aandag getrek. Die groep het dit self 'volroom-rock' genoem: alternatiewe musiek met sterk lirieke en ’n klank wat jy dadelik herken. Dit was Afrikaans wat natuurlik geklink het, sonder om die taal af te skeep.
KARLA BOSCH
Aug 242 min read


TWO: AFRIKAANSE PUNK WAT ONMOONTLIK IS OM TE IGNOREER
Daar is niks voorspelbaar aan TWO se musiek nie. Die 25-jarige sanger-liedjieskrywer en klankingenieur kom van die Oos-Kaap, maar bou tans sy musiekloopbaan in Johannesburg. Hy het al met pop, house, hip-hop en amapiano gewerk, maar kombineer nou synth-punk, alternatiewe R&B en AfroRage om ’n klank te skep wat nie maklik in een boks pas nie.
KARLA BOSCH
Aug 232 min read


RUK EN RYM 2026: ONTMOET VANJAAR SE 20 SEMIFINALISTE
Die verhoog is gereed vir ’n nuwe groep alternatiewe kunstenaars om hul merk te maak. Die twintig semifinaliste vir Taalgenoot-Ruk en Rym 2026 is nou amptelik aangekondig! Hierdie jaar vind die kompetisie vir die vierde keer plaas en bied dit ’n belangrike platform vir musikante wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke skep. Met meer as 80 inskrywings wys Ruk en Rym weer hoeveel vars talent en verskillende klanke tans in die Afrikaanse alternatiewe musiektoneel groei.
KARLA BOSCH
Aug 202 min read


EMILE HAGER: SKRYF UIT ’N PLEK VAN WAARHEID MET “JY”
Emile Hager is dalk vir baie Suid-Afrikaners ’n bekende gesig van die skerm, maar musiek vorm lank reeds deel van sy kreatiewe wêreld. Ná die sukses van sy debuutsnit “Ek Wil” skuif hy dié hoofstuk nou verder oop met drie nuwe enkelsnitte wat oor die volgende paar maande verskyn. Die eerste hiervan, “Jy”, is ’n toonsetting van ’n gedig en fokus op daardie intense oomblik waarin ’n mens voel jy behoort volkome aan iemand, hart, liggaam en siel.
KARLA BOSCH
Aug 82 min read


FOKOFPOLISIEKAR: "SELFMEDIKASIE" NADER 10 JAAR
Volgende jaar vier Fokofpolisiekar se album Selfmedikasie sy 10de bestaansjaar, 'n album wat steeds as een van die groep se belangrikste en mees betekenisvolle vrystellings beskou word. Toe Selfmedikasie in 2017 verskyn het, was dit die groep se eerste vollengte-album in 11 jaar. Die vrystelling het nie net 'n nuwe hoofstuk vir Fokofpolisiekar ingelui nie, maar ook bewys dat die band steeds onafhanklik hul eie pad kon stap.
KARLA BOSCH
Aug 61 min read


AFRIKAANS KRY SY EIE AMPTELIKE MUSIEK CHART SHOW: DIE TJAART!
'n Nuwe hoofstuk vir Afrikaanse musiek breek hierdie week aan met die bekendstelling van Die TJAART! – Die Afrikaanse Musiek Chart Show, wat op Donderdag 6 Augustus om 19:00 sy première op YouTube maak. Aangebied deur Reandi Grey, tel die program elke maand die Top 20 grootste Afrikaanse treffers in Suid-Afrika af.
KARLA BOSCH
Aug 41 min read


SCHWABIE EN VREEMD: SPAN SAAM VIR SPLINTERNUWE ENKELSNIT, "MISDAAD"
Twee unieke stemme in die alternatiewe Afrikaanse musiektoneel slaan vir die eerste keer musikale hande saam. Schwabie en Vreemd stel op Vrydag 7 Augustus hul splinternuwe enkelsnit, Misdaad, vry.
Die samewerking bring twee kunstenaars met hul eie kenmerkende style bymekaar en skep 'n vars klank wat die sterk punte van albei laat uitstaan. Dit is 'n samewerking wat jy dalk nie geweet het jy nodig het nie, maar een wat beslis die moeite werd is om dop te hou.
KARLA BOSCH
Aug 31 min read


MEER AS NET 'N NUWE LIED: ZAAN SONNEKUS BEGIN 'N NUWE HOOFSTUK
Zaan Sonnekus is terug met Te Laat, 'n nuwe enkelsnit. Dit verskyn op 7 Augustus op alle digitale musiekplatforms. Die lied bring nie net nuwe musiek nie. Dit beteken ook die begin van 'n nuwe hoofstuk in die kunstenaar se lewe.
KARLA BOSCH
Aug 22 min read


KRISTI STEYN KIES EGTHEID MET 'LIVE' ALBUM
In 'n tyd waar tegnologie en oorproduksie al hoe meer deel van musiek word, kies Kristi Steyn om terug te keer na die kern van 'n regte lewendige musiekervaring. Haar komende live album, "As Die Mooi Aan Ons Haak", is voor 'n gehoor opgeneem, sonder "autotune" en sonder onnodige oorproduksie. Die doel is eenvoudig: om die eerlikheid, emosie en spontane oomblikke van 'n regstreekse vertoning vas te vang, nes dit gebeur het.
KARLA BOSCH
Aug 21 min read


SKEUR: SKOP NUWE TRILOGIE AF MET "DESPERAAT VIR FAME"
Alternatiewe kunstenaar SKEUR neem 'n nuwe koers met "Desperaat vir Fame". Dit is die eerste uitgawe in 'n trilogie musiekreeks wat die emosionele werklikheid van roem, jaloesie en die uitdagings van die musiekbedryf ondersoek.
KARLA BOSCH
Aug 11 min read


FRANCOIS VAN COKE KEER TERUG NA SY 'PUNK-ROOTS' MET NUWE VRYSTELLING, "BANGKINNERS"
Francois van Coke hou sy belofte om elke maand nuwe musiek uit te reik, en sy jongste enkelsnit, "Bangkinners", wys weer waarom hy al vir jare een van Afrikaans se bekendste rockstemme is. Die lied is die volgende vrystelling in sy reeks maandelikse enkelsnitte wat tot September 2026 sal verskyn, en dié keer draai hy die volume op met 'n rou punk-klank wat teruggryp na sy musikale 'roots'.
KARLA BOSCH
Jul 302 min read


LIKKEWAAN VANG DIE GEES VAN DIE SEE IN NUWE "EMERALD EYES"-MUSIEKVIDEO
Die alternatiewe Afrikaanse kunstenaar Likkewaan het vandag die amptelike musiekvideo vir "Emerald Eyes" op YouTube vrygestel, 'n visuele reis wat nie net die lied aanvul nie, maar ook die storie vertel van 'n kunstenaar wat 'n nuwe tuiste, nuwe inspirasie en 'n nuwe perspektief langs die kus gevind het. Die video is moontlik gemaak met die ondersteuning van kykNET, nadat Likkewaan as finalis aan die Taalgenoot Ruk en Rym-kompetisie deelgeneem het.
KARLA BOSCH
Jul 171 min read
bottom of page
