top of page

SPOEGWOLF IS HIER MET HUL MALSTE ALBUM NÓG

Oct 16
2 min read

Instagram / Spoegwolf


SPOEGWOLF

“ Woorde wat sny. Instrumente wat streel. Dromme wat binne jou klop.”


Dit is Danie du Toit, die voorganger van Spoegwolf se beskrywing van ‘Kleiner’, hul nuwe album wat op 16 Oktober verskyn het. Met dié vrystelling staan die groep se albumtal op vyftien en kry aanhangers tien nuwe liedjies om te ontdek.


Spoegwolf, wat bestaan uit Danie du Toit, Moskou du Toit, Albert van der Merwe en Chris von Wielligh, het die afgelope jaar aan die album gewerk. Tussen die saamspeel en idees uitruil is die materiaal ontwikkel en afgerond tot die versameling wat luisteraars nou in geheel kan hoor. Die titel gee ’n leidraad tot die gedagte wat die liedjies verbind. Kleiner ondersoek wat ons in die gang van die lewe miskyk: gewone ervarings en persoonlike oomblikke waarvan die waarde soms eers later duidelik word.


’n Persoonlike naam op die gastelys is Oupa Danie. Sy betrokkenheid by sy kleinseun se skryfwerk strek oor jare. Danie het voorheen vertel dat sy oupa help om sy gedigte en die groep se liedtekste te redigeer. Hul samewerking op hierdie album bou voort op ’n verbintenis wat lank voor Kleiner begin het. Demi Lee Moore is die ander gas op die album en werk saam met die groep op Eerste Liefde.



--


Van die nuwe liedjies is reeds op 4 Oktober tydens die album bekendstelling by Landje in Pretoria gespeel. Die album se aankoms op digitale platforms gee nou ook aan diegene wat die vertoning misgeloop het toegang tot die volle werk.


Intussen kan aanhangers die onlangse musiekvideo vir Christen kyk. Daarin verskyn opnames van Spoegwolf Op Ys by Pretoria se SunBet Arena. Dié konsert keer op 6 Augustus 2027 na die arena terug. Besprekings is reeds oop by iTickets.


Spoegwolf se album “Kleiner" is nou beskikbaar op alle digitale platforms, asook op ons Spotify & Apple Music Speellyste - NUWE / ALTERNATIEF IN AFRIKAANS: Apple Music  | Spotify




Comments


somer clank

@alternatiefafrikaans

  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads
karen zoid

NUUSBRIEF

© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page