top of page
Kollig


ONDERHOUD: KONSTANT WIESNER MAAK GEREED VIR DEBUUTENKELSNIT
Nadat hy vanjaar tot die finale ronde van die Ruk en Rym-kompetisie deurgedring het, maak die Melkbosstrand-liedjieskrywer en musikant Konstant Wiesner nou gereed om sy eerste enkelsnit die wêreld in te stuur. Sy klank is gebou op eerlike stories, akoestiese elemente en die op- en afdraandes van die lewe.
KARLA BOSCH
4 days ago2 min read


WELKOM BY KROGKORP: 'JANTJIE KROG' MAAK VAN PUNK ’N KORPORATIEWE NAGMERRIE
Jantjie Krog is die nuwe solo-alter ego van Janke Mostert, bekend as sangeres en liedjieskrywer van die Afrikaanse punkgroep Dierbaar. Hoewel sy nog geen ateljeemusiek onder dié naam uitgereik het nie en Daisy Jones slegs haar tweede optrede sal wees, bestaan daar reeds ’n volledige wêreld rondom die karakter.
KARLA BOSCH
6 days ago2 min read


VOLROOM EN STEEDS AAN DIE GANG: DIE MELKTERT KOMMISSIE
Die Melktert Kommissie het hul plek in die MK-era gevestig met melodie en sterk lirieke. Hul musiek was maklik om na te luister, maar het altyd aandag getrek. Die groep het dit self 'volroom-rock' genoem: alternatiewe musiek met sterk lirieke en ’n klank wat jy dadelik herken. Dit was Afrikaans wat natuurlik geklink het, sonder om die taal af te skeep.
KARLA BOSCH
Aug 242 min read


TWO: AFRIKAANSE PUNK WAT ONMOONTLIK IS OM TE IGNOREER
Daar is niks voorspelbaar aan TWO se musiek nie. Die 25-jarige sanger-liedjieskrywer en klankingenieur kom van die Oos-Kaap, maar bou tans sy musiekloopbaan in Johannesburg. Hy het al met pop, house, hip-hop en amapiano gewerk, maar kombineer nou synth-punk, alternatiewe R&B en AfroRage om ’n klank te skep wat nie maklik in een boks pas nie.
KARLA BOSCH
Aug 232 min read


EKSKLUSIEF: FRANCOIS VAN COKE - TUSSEN TREINE, VLUGTE EN VERHOË
Van Londen en Birmingham tot Gent en Amsterdam, Francois van Coke, hoofsanger van Fokofpolisiekar, vertel van die toerlewe, herinneringe en die oomblikke tussen die shows tydens hul onlangse Europese avontuur. Vir baie mense is ‘n internasionale toer die foto’s op die verhoog, die uitverkoopte venues en die energie van die skare. Vir Fokofpolisiekar lê baie van die storie egter tussen die shows ook.
KARLA BOSCH
May 315 min read


DJ ELSTER BRING VARS ENERGIE NA SPOEGWOLF SE “CLOETESVILLE”
Maak plek vir ’n nuwe golf in die Afrikaanse musiektoneel! Elster, die talentvolle DJ vanaf Mosselbaai wat tans in Johannesburg woon, staan gereed om sy stempel af te druk met die amptelike vrystelling van Spoegwolf se “Cloetesville” (Elster Remix) op 10 Oktober 2025.
KARLA BOSCH
Oct 10, 20252 min read


JUST MIA: ONTMOET DIE INDIE-FOLK SANGER & LIEDJIESKRYWER
Just Mia is ’n indie-folk sanger-liedjieskrywer, musikant en verhoogkunstenaar gebaseer in Johannesburg, Suid Afrika. Sy het in 2016 aktief by die musiekbedryf aangesluit en sedertdien al verskeie enkelsnitte en musiekvideo’s van haar oorspronklike musiek vrygestel.
KARLA BOSCH
Sep 11, 20252 min read
bottom of page
