top of page

WRAKINJAN BRING POP-PUNK MET ‘N PERSOONLIKE KANT

Oct 16
2 min read

Updated: Oct 22

Verskaf / Foto's: Jesse Meiring, Sunburst Studios


WRAKINJAN

Wrakinjan se tweede pop-punk-enkelsnit, “Anderkant”, is nou uit en vertel van ’n ware konneksie wat bly, maak nie saak hoeveel tyd verbygaan of of jy dit wil hê of nie. Sanger en kitaarspeler Arno Venter het die liedjie geskryf, terwyl medekitaarspeler Ruan Graaff dit vervaardig het. Arno noem dat die dinge waarmee hy sukkel, of al gesukkel het, in sy musiek uitkom.


“ Jy sit altyd jou frustrasies en waarmee jy sukkel of gesukkel het in die musiek se lirieke, so dit help jou seker om dit te verwerk,” sê hy. “Ek probeer dit so eerlik moontlik hou, maak nie saak of die lirieke bietjie overshare of nie, solank dit net regtig van binne af kom, dan werk dit vir my soos dit moet. ”


Vir Arno bly eerlikheid die belangrikste, selfs wanneer die lirieke persoonlik is. Hy het Wrakinjan in 2025 gestig, en saam met hom en Ruan speel Jesse Meiring dromme, terwyl Rudi Kleingeld baskitaar speel. Rudi, ook bekend as Vyfrand, is ’n musikant, liedjieskrywer, vervaardiger en musiekonderwyser. Die lede se musikale agtergronde sluit ’n liefde vir bekende pop-punk-groepe in: Arno se belangstelling in musiek het begin toe hy Green Day se “Boulevard of Broken Dreams” gehoor het, terwyl Jesse ’n groot Blink-182-aanhanger is.



--


Die musiekvideo vir “Anderkant” kom binnekort uit en wys die groep se energie en voorkoms, sonder ’n storielyn. Eric T. Graham en Tehan Buys van ETG Media maak die video en het ook Wrakinjan se video vir “M.I.D.S” , hul eerste vrystelling geskiet. Graham en Buys, wat ou vriende van Arno is, was vroeër saam met hom in ’n band.


Wrakinjan se enkelsnit “Andekant" is nou beskikbaar op alle digitale platforms, asook op ons Spotify & Apple Music Speellyste - NUWE / ALTERNATIEF IN AFRIKAANS: Apple Music  | Spotify





Comments


somer clank

@alternatiefafrikaans

  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads
karen zoid

NUUSBRIEF

© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page