

WELKOM BY KROGKORP: 'JANTJIE KROG' MAAK VAN PUNK ’N KORPORATIEWE NAGMERRIE
Jantjie Krog is die nuwe solo-alter ego van Janke Mostert, bekend as sangeres en liedjieskrywer van die Afrikaanse punkgroep Dierbaar. Hoewel sy nog geen ateljeemusiek onder dié naam uitgereik het nie en Daisy Jones slegs haar tweede optrede sal wees, bestaan daar reeds ’n volledige wêreld rondom die karakter.
5 days ago2 min read


'SENTIMENT' WYS ROCK SE SAGTER KANT MET HUL DEBUUT
’n Nuwe naam kom na vore in die Afrikaanse rocktoneel met groot drome, groot kore en selfs groter emosie. SENTIMENT se eerste enkelsnit, "Ek Wil Jou Sien", is uiteindelik beskikbaar. Die groep is die spanpoging van Jako Meyer op sang en Regardt Scheepers op kitaar, met ’n gereelde groep sessiemusikante wat hulle ondersteun.
Sep 112 min read


AFRIKALT SE 'BOERE PUNK TOER' VAT DIE PAD
Vyf dorpe, vyf aande en ’n sterk dosis alternatiewe Afrikaanse musiek: Afrikalt se Boere Punk Toer trek van 15 tot 19 September deur die land met ’n wisselende groep kunstenaars. AfriKalt skop op 15 September sy Boere Punk Toer by Bohemia in Stellenbosch af. Van daar beweeg die toer deur Burgersdorp, Bloemfontein en Klerksdorp, voordat dit op 19 September by Railways Café in Centurion tot ’n einde kom.
Sep 102 min read


REETS: KEER DIE JAG OM MET NUWE ENKELSNIT “BOK”
Wanneer begeerte oorneem, is dinge nie altyd soos dit lyk nie. Dit is die gedagte agter Reets se nuutste enkelsnit, “Bok”, waarin die jagter uiteindelik self die gejagte word. Die lied vertel ’n waarskuwende verhaal oor hoe begeerte ’n mens blind kan maak vir wat werklik in ’n situasie gebeur.
Sep 12 min read


SCHWABIE MAAK GEREED VIR NUWE ALBUM “VREEDSAAM”
Schwabie se nuwe album, “Vreedsaam”, word op 9 Oktober uitgereik. Voor die volledige album verskyn, kan luisteraars uitsien na twee nuwe vrystellings, waarvan “Vrede” op 4 September die eerste is.
Aug 311 min read


