

GLASKAS: VIER 20 JAAR ÉN NOG LANK NIE KLAAR
Die aand van 9 Oktober by die Woordfees is een wat Deon Meiring nie sommer sal vergeet nie. Dis Glaskas se twintigste bestaansjaar, en die opwinding is tasbaar. Deon, lanklaas só op sy senuwees, besef skielik hoeveel mense hier is om saam met hulle hierdie mylpaal te vier. Die energie in die lokaal maak die aand besonders - nie net vir hom nie, maar vir almal wat daar is.
Oct 295 min read


KOOS KOMBUIS: ROCK, REBELLIE EN ‘N INSPIRASIE
Koos Kombuis is ’n sanger, liedjieskrywer en digter wat ’n unieke stempel op alternatiewe Afrikaanse musiek afdruk. Met protesliedjies en ’n skerp, dikwels satiriese humorsin, kyk hy met ’n ander oog na die samelewing. Sy musiek getuig van warmte, menslikheid en ’n liefde vir die eenvoudige dinge van die lewe.
Oct 263 min read


MOEILIKHEID HAAL MASKER AF OP DEBUUTALBUM
Vir Moeilikheid, ook bekend as M, het sy debuutalbum begin toe hy homself beter verstaan het. Ná jare waarin hy gevoel het hy moet dele van homself wegsteek, gee H.K.G.K. daardie gedagtes en gevoelens ’n plek om hardop gehoor te word. Die album se 13 snitte beweeg tussen alternatiewe pop en rock, met liefde, verslawing, geloof en hoop as temas. M het ’n groot deel self geskryf, vervaardig en opgeneem.
Oct 75 min read


KONSTANT WIESNER MAAK GEREED VIR DEBUUTENKELSNIT
Nadat hy vanjaar tot die finale ronde van die Ruk en Rym-kompetisie deurgedring het, maak die Melkbosstrand-liedjieskrywer en musikant Konstant Wiesner nou gereed om sy eerste enkelsnit die wêreld in te stuur. Sy klank is gebou op eerlike stories, akoestiese elemente en die op- en afdraandes van die lewe.
Sep 172 min read


WELKOM BY KROGKORP: 'JANTJIE KROG' MAAK VAN PUNK ’N KORPORATIEWE NAGMERRIE
Jantjie Krog is die nuwe solo-alter ego van Janke Mostert, bekend as sangeres en liedjieskrywer van die Afrikaanse punkgroep Dierbaar. Hoewel sy nog geen ateljeemusiek onder dié naam uitgereik het nie en Daisy Jones slegs haar tweede optrede sal wees, bestaan daar reeds ’n volledige wêreld rondom die karakter.
Sep 152 min read


