top of page
All Posts


TYLO NAVIGEER VERLORE LIEFDE IN NUWE ENKELSNIT “Doodloopstraat”
Met haar nuutste enkelsnit, “doodloopstraat”, bied Tylo ’n rou en eerlike kyk na verhoudings wat al lank ophou werk het, al probeer mens aanhou hoop. Die lied fokus op daardie moeilike moment waar twee mense steeds sukkel om mekaar te bereik, maar albei diep binne weet die einde is in sig.
KARLA BOSCH
Oct 31, 20252 min read


DIE PIESANGSKILLE BLY EERLIK MET NUWE EP - ’N BLADSY UIT DIE LEWE
Die gunsteling duo Die Piesangskille is terug met ’n nuwe EP, bestaande uit drie liedjies wat hul mees eerlike en persoonlike werk tot dusver verteenwoordig. Die temas op die projek wissel tussen geloof, verlange, tuiswees en die kompleksiteit van menslike verhoudings.
KARLA BOSCH
Oct 24, 20251 min read


“Sou Jy” - ARMAND JOUBERT SE MEES PERSOONLIKE WERK NOG.
Die talentvolle en geliefde Suid-Afrikaanse sanger Armand Joubert is terug met ’n splinternuwe enkelsnit getiteld “Sou Jy,". Hierdie diep en eerlike lied beloof om luisteraars te raak met sy rou emosie en hartlike boodskap oor verlies, aanvaarding en liefde wat voortleef, selfs nadat iemand nie meer daar is nie.
KARLA BOSCH
Oct 24, 20252 min read


KARLA BOSCH LIG DIE GORDYN MET HAAR NUWE SNIT 'Stil Geraas'
Met haar diep lirieke, rou eerlikheid en alternatiewe indie-folk klank, het Karla Bosch die afgelope jaar begin om haar eie, onmiskenbare plek in die Afrikaanse musieklandskap te vorm. Nou keer sy terug met haar mees persoonlike en deurleefde projek tot dusver: die EP “Stilte”, ’n versameling liedere wat fokus op die brose ruimtes binne ons, daardie plekke waar gevoelens sag praat en waarheid nie meer weggesteek kan word nie. Die eerste enkelsnit, “Stil Geraas”, het 24 Oktobe
KARLA BOSCH
Oct 24, 20252 min read


SCHWABIE STEL NUWE ENKELSNIT “Vreemdeling” VRY - DIE BEGIN VAN ’N NUWE MUSIEKREIS
Die talentvolle Afrikaanse kunstenaar Schwabie het sy nuwe enkelsnit, “Vreemdeling,” vrygestel, die eerste van vyf liedjies wat deel gaan vorm van sy komende EP, “Eendag.” Hierdie vrystelling merk nie net die begin van ’n nuwe musiekfase vir Schwabie nie, maar ook sy terugkeer na solo werk ná sy suksesvolle samewerking met mede-kunstenaar Henru.
KARLA BOSCH
Oct 17, 20251 min read


VREDE SE “Sy Weet” - ’N REIS VAN LIEFDE, WAARHEID EN VRYHEID
Die Suid-Afrikaanse krulkop-duo Vrede het hul jongste enkelsnit, “Sy Weet,” vrygestel, ’n lied wat luisteraars op ’n reis neem deur die sagte en eerlike ruimtes van die hart. Met ’n klank wat intiem en introspektief is, skep die duo ’n atmosfeer van laatnag-drome, waar stilte meer sê as woorde en waarheid die enigste rigtingwyser word.
KARLA BOSCH
Oct 15, 20252 min read


JUST MIA, VIER VRYHEID EN VREUGDE MET HAAR NUWE SNIT “Somer”
Die talentvolle Afrikaanse kunstenaar Just Mia het luisteraars verras met haar splinternuwe enkelsnit, “Somer”, wat op 10 Oktober vrygestel is. Die lied is ’n helder, vrolike viering van lewe, vryheid en lig en bring ’n vars, sonnige energie wat onmiddellik aansteek.
KARLA BOSCH
Oct 14, 20252 min read


DJ ELSTER BRING VARS ENERGIE NA SPOEGWOLF SE “CLOETESVILLE”
Maak plek vir ’n nuwe golf in die Afrikaanse musiektoneel! Elster, die talentvolle DJ vanaf Mosselbaai wat tans in Johannesburg woon, staan gereed om sy stempel af te druk met die amptelike vrystelling van Spoegwolf se “Cloetesville” (Elster Remix) op 10 Oktober 2025.
KARLA BOSCH
Oct 10, 20252 min read


ELDON FLARE SE NUWE ENKELSNIT 'Meer as Koffie' IS MEER AS NET MUSIEK
Eldon Flare, ’n jong en talentvolle Afrikaanse sanger, stel sy nuutste enkelsnit Meer as Koffie vry - ’n lied wat nie net oor koffie handel nie, maar oor die dieper soeke na ware liefde.
KARLA BOSCH
Oct 9, 20252 min read


VAN DER AVEN STEL NUWE ENKELSNIT “IS EK MAL” VRY
Op 3 Oktober het die Suid-Afrikaanse rockgroep Van Der Aven hul splinternuwe enkelsnit, “IS EK MAL”, vrygestel - ’n opvolg wat kort op die hakke van hul vorige snit, “My Huis”, kom. Waar “My Huis” meer intiem en verhalend was, duik die band met hierdie nuwe lied kop eerste in die rock-genre, en bied luisteraars ’n energieke uitnodiging om saam te sing, te skree en kop te skud.
KARLA BOSCH
Oct 3, 20252 min read


EMMA VAN HEYN HIER MET HAAR EERSTE AFRIKAANSE ENKELSNIT "NIE NICE NIE"
Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Emma van Heyn keer terug met haar mees onheilspellende en stemmingsvolle werk tot dusver - die nuutste enkelsnit “Nie Nice Nie”. Hierdie dromerige, dramatiese alternatiewe poplied skuif gemaklik tussen lig en donker, en verken temas van rooi vlae, rivaliteit en emosionele wanbalans.
KARLA BOSCH
Oct 3, 20252 min read


GSTRiNG KONDIG NUWE ALBUM 'Pretoria' AAN
Afrikaanse indierock-voorlopers GSTRiNG is terug met hul tweede album, Pretoria, wat op 3 Oktober 2025 via Dkoda vrygestel word. Met twaalf snitte is hierdie album die groep se mees gewaagde en uiteenlopende werk tot dusver – ’n tapisserie van indierock, house, akkoestiese intimiteit, eksperimentele tussenstukke en rou storievertelling wat herdefinieer wat ’n Afrikaanse album kan wees.
KARLA BOSCH
Oct 2, 20252 min read


'REETS' STEL NUWE GESTROOPTE EP VRY: GESTROOP
Reets maak haar terugkeer met ’n besonder eerlike en rou projek: haar nuwe EP, Gestroop. Hierdie uitgawe bestaan uit vier liedjies wat oor ’n tydperk van sewe jaar uit mekaar geskryf is - ’n unieke samevloeiing van ervarings en emosies wat oor tyd gegroei het.
KARLA BOSCH
Sep 22, 20252 min read


KAREL BESTER & DIE KRAAINES BAND BRING HUL EERSTE AKOESTIESE "Naglied"
“Geraas Jagers, K*k Praters, Psychedelic Boere Punk Makers.” Dié slagspreuk som perfek op wie Karel Bester & Die Kraaines Band is - ’n groep wat hul eie pad baan binne die alternatiewe Afrikaanse musiektoneel. Met hul kenmerkende mengsel van Boeremusiek- en Country-ritmes, die energie van Punk, en die tonaliteit van Psychedeliese Musiek, skep hulle ’n klankervaring wat uniek en onmiskenbaar hul eie is.
KARLA BOSCH
Sep 19, 20252 min read


NOSTALGIE EN NUWE KLANKE - RUBEN ELOFF SE DEBUUT IN AFRIKAANS
Na twee jaar in Nederland, waar hy saam met sy gesin ’n nuwe lewe begin bou het, staan die Suid-Afrikaanse musikant Ruben Eloff nou sterk terug met sy heel eerste Afrikaanse vrystelling, Hoe die Scene Rol.
KARLA BOSCH
Sep 19, 20252 min read


KOLLIG: MET SANGER-LIEDJIESKRYWER ‘JUST MIA’
Just Mia is ’n indie-folk sanger-liedjieskrywer, musikant en verhoogkunstenaar gebaseer in Johannesburg, Suid Afrika. Sy het in 2016 aktief by die musiekbedryf aangesluit en sedertdien al verskeie enkelsnitte en musiekvideo’s van haar oorspronklike musiek vrygestel.
KARLA BOSCH
Sep 11, 20252 min read


SPOEGWOLF BRING NUWE ALBUM 'WATER & WEERLIG'
Spoegwolf is terug met nog ’n vars stuk musiek - hul splinternuwe album Water en Weerlig. Die album bestaan uit agt snitte en, soos ons van Spoegwolf ken, kry jy daardie digterlike lirieke wat jou laat stilraak en dink, gemeng met musiek wat jou sommer net hard wil laat saam sing.
KARLA BOSCH
Sep 1, 20251 min read
bottom of page
