top of page

KOLLIG: MET SANGER-LIEDJIESKRYWER ‘JUST MIA’

Just Mia is ’n indie-folk sanger-liedjieskrywer, musikant en verhoogkunstenaar gebaseer in Johannesburg, Suid Afrika.


Just Mia, guitar
Just Mia, Verskaf

Sy het in 2016 aktief by die musiekbedryf aangesluit en sedertdien al verskeie enkelsnitte en musiekvideo’s van haar oorspronklike musiek vrygestel. Just Mia se regstreekse optredes word gekenmerk deur haar rou, hees stemklank wat sy kombineer met ’n akoestiese kitaar, elektroniese bas-drom en soms ’n mondharmonika. Haar musiekstyl kan as indie folk beskryf word.


In 2019 het sy deelgeneem aan die sangprogram The Voice South Africa waar sy dit tot in die top 32 gehaal het as deel van Francois Van Coke se span. In 2020 het sy haar oorspronklike engelse lied Here I Go Again uitgereik wat tot nommer twee op 5fm se indie treffer 'chart' gestyg het. Just Mia is ’n uiters passievolle kunstenaar wat elke keer alles gee tydens haar optredes. Sy tree gereeld op by bekende feeste soos Innibos en Aardklop.


MIA SE TYDLYN

  • 2013Idols SA Top 80

  • 2016Idols SA Top 50

    • Het saam met die bekroonde skrywer Mbongeni Ngema gewerk aan die klankbaan van die film Asinamali as sangeres en ekstra in die film.

    • Wenner van die Sarie-tydskrif se komponis-kompetisie vir die Afrikaanse film Sy Klink Soos Lente.

  • 2017 – Vrygestel, haar eerste drie oorspronklike liedjies op radio en televisie.

    • Saamgeskryf aan haar enkelsnit Liefdeslaaf met kunstenaar Bouwer Bosch, vervaardig deur Peach van Pletzen.

  • 2019The Voice SA Top 32, span Francois Van Coke.

  • 2020 – Oorspronklike lied Here I Go Again bereik nommer 2 op 5fm se indie trefferparade.

  • 2022 – Vrygestel haar oorspronklike lied Gun It en haar eerste samewerkingsprojek Lighuis saam met die Afrikaanse rockgroep Die Doodsvonnis.

  • 2023 – Vrygestel haar weergawe van die liefdeslied Home deur Edward Sharpe and The Magnetic Zeros.

  • 2024 – Vrygestel haar oorspronklike lied Ons Teen Die Wêreld (ft. Leo Burg).

    • Saamgeskryf en saamgewerk met Armand Joubert aan hul lied Gee My Lewe.

    • Was die openingsvertoning vir die internasionale Britse groep OMD en plaaslike gunsteling Jeremy Loops.

    • Deelgeneem aan die ATKV Taalgenoot Ruk & Rym talentkompetisie waar sy 3de plek behaal het.

    • Kort daarna vrygestel haar oorspronklike lied Wit en Grys en was te sien op die omslag van Spotify se speellys Diep Afrikaans.

  • 2025 – Verskyn op die omslag van The Get It Joburg West Magazine (Maart 2025-uitgawe) en is ondervra oor haar loopbaan as musikant sowel as haar klein persblom-besigheid, Quirks and Fleur.

    • Vrygestel haar oorspronklike lied Ligter, wat vinnig ’n nuwe gunsteling onder haar aanhangers geword het.


Luister na Just Mia se live CLOUD SESSION van 'Wit & Grys' hier:



Comments


Alternatief In Afrikaans

musieknuus

Image 7.jpeg
  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

@alternatiefafrikaans

© 2025 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page