top of page

“Sou Jy” - ARMAND JOUBERT SE MEES PERSOONLIKE WERK NOG.

Die talentvolle en geliefde Suid-Afrikaanse sanger Armand Joubert is terug met ’n splinternuwe enkelsnit getiteld “Sou Jy,". Hierdie diep en eerlike lied beloof om luisteraars te raak met sy rou emosie en hartlike boodskap oor verlies, aanvaarding en liefde wat voortleef, selfs nadat iemand nie meer daar is nie.


Armand Joubert
Armand Joubert / Verskaf

Armand vertel dat die inspirasie vir “Sou Jy” uit ’n besonderse droom gekom het. “Ek het gedroom oor hoe ek die lied skryf,” vertel hy. “Ek het wakker geword met die melodie en die woorde nog vars in my kop. Ek het toe sommer dadelik begin skryf, dit was asof die lied vir my gegee is.”


“Sou Jy” is ’n eerlike, introspektiewe lied wat die luisteraar meeneem op ’n reis van rou en genesing. Dit kyk na die vrede wat ’n mens met jouself en die lewe moet maak wanneer jy iemand verloor wat vir jou alles beteken het. Met sy kenmerkende, kragtige stem en vermoë om diep emosie oor te dra, bring Armand dié tema met ’n sagtheid en egtheid wat sy musiek so besonders maak.


Sy aanhangers het reeds met groot afwagting op die vrystelling gewag. Op sosiale media deel ondersteuners hul opgewondenheid en vertel hoe hulle met die boodskap van die lied kan identifiseer. “Ek glo ‘Sou Jy’ gaan mense help om hul eie pyn beter te verstaan,” sê Armand. “Dis ’n lied oor vrede maak, oor aanvaarding en oor liefde wat nooit regtig verdwyn nie.”


Met “Sou Jy” bevestig Armand Joubert weer sy vermoë om die hart te raak deur musiek wat eerlik en betekenisvol is. Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms.


Luister 'Sou Jy' hier:



Comments


Alternatief In Afrikaans

musieknuus

Image 7.jpeg
  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

@alternatiefafrikaans

© 2025 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page