top of page

Alternatief In Afrikaans

WIE IS AIA?

Alternatief in Afrikaans is gestig deur Karla Bosch - ’n Suid-Afrikaanse sangeres, skrywer, aktrise en voormalige moderedakteur. Wat as ’n eenvoudige idee begin het, het intussen ontwikkel in ’n groeiende platform wat die alternatiewe Afrikaanse musiektoneel saambring en versterk.

Die konsep vir Alternatief in Afrikaans het in middel 2024 ontstaan, toe Karla - as kunstenaar en aanhanger van die plaaslike alternatiewe klank - besef het dat daar geen toegewyde ruimte bestaan vir dié deel van ons taal se alternatiewe musiek nie. Daar was ander platforms maar meestal net vir "mainstream" musiek  en geen plek waar nuus oor nuwe alternatiewe vrystellings, opkomende kunstenaars en relevante stories saam bestaan het met goed saamgestelde speellyste nie.

“Ek het gewonder hoekom niemand nog ’n nisplatform begin het wat alternatiewe Afrikaanse musiek behoorlik vier nie, toe besluit ek om my kennis van grafiese ontwerp, skryf en musiek bymekaar te sit - en self die ruimte te bou wat ek so graag wou sien.”

Met haar agtergrond in mode kommunikasie, het Karla reeds in haar vroeë twintigs bekendheid verwerf vir haar oorspronklike mode blog Kalala Fashion. Sy het daarna as moderedakteur by BELLA asook BLOSS Magazine gewerk, waar sy artikels, onderhoude en stylkenmerke geskryf het wat fokus op identiteit, kuns en selfuitdrukking.

Wat as ’n eenvoudige speellysprojek op Spotify begin het, het gou gegroei in ’n gevestigde aanlyn platform wat weekliks nuwe musiek deel deur twee hoofspeellyste:
Nuwe Alternatief in Afrikaans - vir vars vrystellings en opkomende kunstenaars. Herleef Alternatief in Afrikaans - vir nostalgiese treffers en alternatiewe juwele uit die verlede.

Vandag staan Alternatief in Afrikaans as ’n onafhanklike platform wat nie net oor musiek gaan nie, maar oor kultuur, egtheid en gemeenskap - ’n ruimte waar Afrikaanse kunstenaars en luisteraars mekaar kan ontmoet.

“Ek wou ’n plek skep waar egtheid en gevoel voorrang kry - waar alternatiewe musiek in Afrikaans weer ’n tuiste het.” - Karla Bosch

  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

musieknuus

Image 7.jpeg
  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

@alternatiefafrikaans

© 2025 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page