top of page

ELDON FLARE SE NUWE ENKELSNIT 'Meer as Koffie' IS MEER AS NET MUSIEK

Eldon Flare, ’n jong en talentvolle Afrikaanse sanger, stel sy nuutste enkelsnit Meer as Koffie vry - ’n lied wat nie net oor koffie handel nie, maar oor die dieper soeke na ware liefde.


Eldon Flare
Eldon Flare / Verskaf

Hierdie liedjie, geskryf deur Ewald van Vuuren, vertel die storie van ’n man wat in ’n koffiewinkel op iemand verlief raak. Hy wil haar beter leer ken en besef gou dat hy meer verlang as net ’n koffiekuier - hy soek haar hart.


Die lied is geïnspireer deur ’n hartroerende somerromanse tussen twee mense wat mekaar onverwags raakloop. Wat as ’n toevallige ontmoeting begin - ’n oomblik van oogkontak en nuuskierigheid - bly in sy gedagtes vassteek. “Dis ’n storie wat baie mense al beleef het: daardie oomblik wanneer jy weet jy wil meer hê as net ’n geselsie,” sê Eldon.


Meer as Koffie is vrolik, vol ritme en perfek om saam op te dans of te sing. Eldon glo mense gaan dit goed ontvang, omdat dit ’n herkenbare gevoel aanspreek. “Almal het al gewens hulle kon saam met iemand koffie drink, en toe besef hulle wil eintlik meer hê. Dis daardie gevoel wat ek in die liedjie vasgevang het,” verduidelik hy.


Meer oor die kunstenaar: Eldon Flare, gebore 23 Augustus 2004, het van kleins af ’n liefde vir musiek. Hy is nou al twee jaar aktief in die musiekbedryf en studeer tans musiekproduksie in Sandton. Geïnspireer deur Heuwels Fantasties, Spoegwolf, Dean Lewis en Myles Smith, glo Eldon dat musiek emosies moet laat leef. “Die liedjie wat jy dink is nie goed nie, kan dalk jou beste wees,” sê hy. “Skryf, sing, leef - en moenie ophou nie.”


Kyk 'Meer As Koffie' musiekvideo hier:



Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.

Alternatief In Afrikaans

musieknuus

Image 7.jpeg
  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

@alternatiefafrikaans

© 2025 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page