top of page
Eventnuus


AFRIKALT SE 'BOERE PUNK TOER' VAT DIE PAD
Vyf dorpe, vyf aande en ’n sterk dosis alternatiewe Afrikaanse musiek: Afrikalt se Boere Punk Toer trek van 15 tot 19 September deur die land met ’n wisselende groep kunstenaars. AfriKalt skop op 15 September sy Boere Punk Toer by Bohemia in Stellenbosch af. Van daar beweeg die toer deur Burgersdorp, Bloemfontein en Klerksdorp, voordat dit op 19 September by Railways Café in Centurion tot ’n einde kom.
KARLA BOSCH
Sep 102 min read


JÄGERMEISTER & SAFENOW: VERSTERK VEILIGHEID BY HAUS OF KÜHL
Die nuwe veiligheidsplatform gee feesgangers vinniger toegang tot hulp voor, tydens en ná die geleentheid. Terwyl die opwinding vir Jägermeister Haus of Kühl 2026 aanhou groei, het Jägermeister aangekondig dat die persoonlike veiligheidsplatform SafeNow deel van vanjaar se ervaring gaan wees.
KARLA BOSCH
Jul 62 min read


SPOEGWOLF EN FRANCOIS VAN COKE DEEL DIE VERHOOG
Die Sunset Music Series keer op Sondag 28 Junie 2026 terug na die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Roodepoort met 'n line-up wat min bekendstelling nodig het. Spoegwolf en Francois van Coke & Die Gevaar deel die verhoog vir 'n middag wat die beste van Afrikaanse alternatiewe musiek en rock vier.
KARLA BOSCH
Jun 231 min read


JÄGERMEISTER SE 'HAUS OF KÜHL' EVENT VAN DIE JAAR IS HIER
Ná 'n rekord-uitverkoopte eerste fase is kaartjies vir fase twee van Jägermeister Haus of Kühl 2026 nou amptelik beskikbaar. Die geleentheid, wat op 25 Julie by Victoria Yards in Johannesburg plaasvind, het reeds groot belangstelling ontlok nadat die eerste kaartjiefase kort ná vrystelling uitverkoop het. Volgens Jägermeister bevestig die reaksie weer eens Haus of Kühl se plek as een van Suid-Afrika se gewildste kulturele ervarings.
KARLA BOSCH
Jun 182 min read
bottom of page
