top of page


FRANCOIS VAN COKE EN ZAAN SONNEKUS LEEF VOLUIT IN “LEWE”
Francois van Coke en Zaan Sonnekus is terug met “LEWE”, hul tweede enkelsnit saam ná “Almal Baklei” in 2023. Hierdie keer gaan dit minder oor baklei en meer oor die soort oomblikke wat ’n mens nie te lank moet uitstel nie.
KARLA BOSCH
Aug 282 min read


FOKOFPOLISIEKAR: "SELFMEDIKASIE" NADER 10 JAAR
Volgende jaar vier Fokofpolisiekar se album Selfmedikasie sy 10de bestaansjaar, 'n album wat steeds as een van die groep se belangrikste en mees betekenisvolle vrystellings beskou word. Toe Selfmedikasie in 2017 verskyn het, was dit die groep se eerste vollengte-album in 11 jaar. Die vrystelling het nie net 'n nuwe hoofstuk vir Fokofpolisiekar ingelui nie, maar ook bewys dat die band steeds onafhanklik hul eie pad kon stap.
KARLA BOSCH
Aug 61 min read


FRANCOIS VAN COKE KEER TERUG NA SY 'PUNK-ROOTS' MET NUWE VRYSTELLING, "BANGKINNERS"
Francois van Coke hou sy belofte om elke maand nuwe musiek uit te reik, en sy jongste enkelsnit, "Bangkinners", wys weer waarom hy al vir jare een van Afrikaans se bekendste rockstemme is. Die lied is die volgende vrystelling in sy reeks maandelikse enkelsnitte wat tot September 2026 sal verskyn, en dié keer draai hy die volume op met 'n rou punk-klank wat teruggryp na sy musikale 'roots'.
KARLA BOSCH
Jul 302 min read


VOLK EN FRANCOIS VAN COKE GEE "GROEN EN GOUD" ’N PUNKROCK-OPSKOP
Met die Springbokke se toetsseisoen in volle swang span VOLK en Francois van Coke kragte saam vir 'n vars weergawe van The Bats se geliefde rugbytreffer, Groen en Goud. Die nuwe weergawe behou die oorspronklike gees van die lied, maar verruil dit vir rou punkrock-energie en 'n swaarder aanslag.
KARLA BOSCH
Jul 42 min read


SPOEGWOLF EN FRANCOIS VAN COKE DEEL DIE VERHOOG
Die Sunset Music Series keer op Sondag 28 Junie 2026 terug na die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Roodepoort met 'n line-up wat min bekendstelling nodig het. Spoegwolf en Francois van Coke & Die Gevaar deel die verhoog vir 'n middag wat die beste van Afrikaanse alternatiewe musiek en rock vier.
KARLA BOSCH
Jun 231 min read


FRANCOIS VAN COKE & VRIENDE 2026: EEN AAND, HOPE TREFFERS EN 'N VERHOOG VOL VRIENDE
Francois van Coke & Vriende keer op Vrydag 9 Oktober terug na die SunBet Arena by Time Square in Pretoria, en as die aankondiging enigiets is om op te gaan, wag daar weer 'n groot aand vir aanhangers van Afrikaanse rock en alternatiewe musiek. Die konsert, wat sedert 2018 jaar ná jaar uitverkoop, het oor die jare een van die grootste gebeurtenisse op die plaaslike alternatiewe musiekkalender geword. Wat Francois van Coke & Vriende anders maak, is die unieke konsep agter die p
KARLA BOSCH
Jun 42 min read


EKSKLUSIEF: FRANCOIS VAN COKE - TUSSEN TREINE, VLUGTE EN VERHOË
Van Londen en Birmingham tot Gent en Amsterdam, Francois van Coke, hoofsanger van Fokofpolisiekar, vertel van die toerlewe, herinneringe en die oomblikke tussen die shows tydens hul onlangse Europese avontuur. Vir baie mense is ‘n internasionale toer die foto’s op die verhoog, die uitverkoopte venues en die energie van die skare. Vir Fokofpolisiekar lê baie van die storie egter tussen die shows ook.
KARLA BOSCH
May 315 min read


NUWE MUSIEK: FRANCOIS VAN COKE SE 'Nagmerries (Bye Bye Baby)'.
Francois van Coke skop 2026 af met die vrystelling van sy nuwe enkelsnit en musiekvideo, “Nagmerries (Bye bye baby)”, die eerste van vier beplande vrystellings vir die jaar.
KARLA BOSCH
Apr 231 min read


LIEFDE BY DIE DAM: VIER 10 JAAR MET ’N WÊRELDKLAS FEES
Liefde by die Dam het op Saterdag 18 April sy 10de verjaarsdag gevier, en dit was alles wat mens van só ’n mylpaal sou verwag. Oud en jonk het saamgekuier om die geleentheid te merk, en al het die dag bewolk begin, het die weer later oopgetrek en die perfekte atmosfeer geskep vir ’n dag vol musiek en viering.
KARLA BOSCH
Apr 222 min read


VANFOKKINGTASTIES IS TERUG: BELLVILLE SE IKONE UIT HUL DIEP SLAAP GEONTWAAK.
Na jare van stilte maak VanFokKingTasties uiteindelik hul langverwagte terugkeer, en dit beloof om een van die grootste alternatiewe Afrikaanse musiek-oomblikke van 2026 te wees. Vier van Bellville se mees ikoniese bands - Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, aKing en Die Heuwels Fantasties - span weer saam om die verhoog te deel, soos net hulle kan.
KARLA BOSCH
Apr 102 min read


HAPPY EN LUCKY: ’N INTIEME KYK NA FRANCOIS VAN COKE SE EERSTE DEKADE AS SOLOKUNSTENAAR
Francois van Coke vier ’n belangrike mylpaal met Happy en Lucky, ’n kort musiekdokumentêr wat die eerste tien jaar van sy sololoopbaan vasvang. Die film fokus op die tydperk vanaf 2015 tot 2025 en bied ’n eerlike en persoonlike reis op Francois se groei, uitdagings en invloede binne die Afrikaanse musiekbedryf.
KARLA BOSCH
Mar 202 min read
bottom of page
