top of page

VOLK EN FRANCOIS VAN COKE GEE "GROEN EN GOUD" ’N PUNKROCK-OPSKOP

  • 6 days ago
  • 2 min read
Francois van Coke, Volk
Francois van Coke & Frank Freeman (VOLK) / Fotografie: It's Not You, It's Media

Met die Springbokke se toetsseisoen in volle swang span VOLK en Francois van Coke kragte saam vir 'n vars weergawe van The Bats se geliefde rugbytreffer, Groen en Goud. Die nuwe weergawe behou die oorspronklike gees van die lied, maar verruil dit vir rou punkrock-energie en 'n swaarder aanslag. Vir VOLK se Frank Freeman is die idee om Groen en Goud nuut aan te pak al jare deel van sy planne. Toe Francois van Coke daarvan hoor, was hy dadelik aan boord. Met hul gedeelde liefde vir rockmusiek én rugby het die samewerking vinnig natuurlik gevoel.


Volgens Frank was die doel nooit om die oorspronklike te vervang nie, maar om dit met nuwe intensiteit aan 'n nuwe generasie luisteraars bekend te stel.


" Springbok rugby is nogal punk in sy eie manier; veral in hierdie era. Ons wou 'n weergawe doen met rou energie en intensiteit. Net soos ons Springbok rugby ken. "


Francois beskryf die snit as 'n rou punkrock-weergawe van die klassieke The Bats-treffer en sê hy sien daarna uit om dit saam met ondersteuners te speel en te sing wanneer die Bokke drieë druk.



Francois van Coke, Volk

Die vrystelling volg kort ná Francois se Nagmerries (Bye bye baby) en vorm deel van 'n besige jaar waarin nóg verskeie nuwe projekte op pad is. Onder meer is 'n nuwe enkelsnit, Bangkinners, vir 30 Julie beplan, terwyl samewerkings met Zaan Sonnekus, Hunter Kennedy, VOLK en selfs nuwe musiek saam met Fokofpolisiekar ook later vanjaar verwag word.


Vir eers is die fokus egter op Groen en Goud - 'n weergawe wat die gees van Springbokrugby met die rou energie van Afrikaanse rock kombineer.


"Groen en Goud" is nou op alle groot digitale stroomplatforms beskikbaar, asook luister hom nou op ons

NUWE / ALTERNATIEF IN AFRIKAANS Speellyste: Apple Music | Spotify







Comments


© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page