FRANCOIS VAN COKE KEER TERUG NA SY 'PUNK-ROOTS' MET NUWE VRYSTELLING, "BANGKINNERS"
Updated: Sep 3

Francois van Coke hou sy belofte om elke maand nuwe musiek uit te reik, en sy jongste enkelsnit, "Bangkinners", wys weer waarom hy al vir jare een van Afrikaans se bekendste rockstemme is. Die lied is die volgende vrystelling in sy reeks maandelikse enkelsnitte wat tot September 2026 sal verskyn, en dié keer draai hy die volume op met 'n rou punk-klank wat teruggryp na sy musikale 'roots'.
Met "Bangkinners" wys Francois weer sy harder, meer energieke kant, iets wat baie aanhangers al lank waardeer. Hy vertel dat hy met die lied weer wou aansluit by die punkmusiek waarmee hy grootgeword het - 'n styl wat oor die jare 'n groot invloed op sy eie klank gehad het. Die resultaat is 'n energieke punk-anthem wat die rou gevoel en eerlikheid van daardie era vasvang.
Richard Onraet en Kyle Botha van sy band, Die Gevaar het saam aan die lied geskryf en help om daardie onmiskenbare punk-gevoel vas te vang. Van die kitare tot die lirieke voel alles doelbewus rou en energiek.

Saam met die enkelsnit is daar ook 'n splinternuwe musiekvideo waarin Francois die rol van "Merwe", 'n oorywerige winkelsentrum-sekuriteitswag, vertolk. Sy karakter besluit om die wêreld se probleme op sy eie manier aan te pak, wat vir 'n humoristiese en aksiebelaaide video sorg. Volgens Francois was dit groot pret om die tonele gedurende die nag in 'n leë winkelsentrum te verfilm en vir 'n slag behoorlik te kon tekere gaan. Die musiekvideo is vervaardig deur Eric T. Grahamvan ETG Creative.
Hoewel "Bangkinners" tans die kollig steel, is daar nog heelwat waarna aanhangers kan uitsien. Francois het reeds bevestig dat "Lewe", saam met Zaan Sonnekus, op 28 Augustus gaan verskyn, gevolg deur "Aksie braai", saam met Hunter Kennedy, op 24 September. Dit vorm deel van sy plan om deurentyd nuwe musiek met luisteraars te deel en die momentum deur 2026 vol te hou.
"Bangkinners" en sy musiekvideo is nou beskikbaar op alle musiekplatforms, asook luister hom nou op ons NUWE / ALTERNATIEF IN AFRIKAANS Speellyste: Apple Music | Spotify






Comments