top of page
ALL


'MIDDELVINGER': LAN3 SE EERLIKE ANTWOORD OP KRITIEK EN TWYFEL
Die rebelse stem van die Afrikaanse pop-rock toneel, Lan3, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat geen doekies omdraai nie. Met Middelvinger lewer sy ’n selfversekerde en onverskrokke boodskap aan kritici en twyfelaars: sy worry nie.
2 days ago


VANFOKKINGTASTIES IS TERUG: BELLVILLE SE IKONE UIT HUL DIEP SLAAP GEONTWAAK.
Na jare van stilte maak VanFokKingTasties uiteindelik hul langverwagte terugkeer, en dit beloof om een van die grootste alternatiewe Afrikaanse musiek-oomblikke van 2026 te wees. Vier van Bellville se mees ikoniese bands - Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, aKing en Die Heuwels Fantasties - span weer saam om die verhoog te deel, soos net hulle kan.
4 days ago


MK DAE: KERK STRAAT HERLEEF DIE STEM VAN ’N VERLORE ERA
Met hul nuutste enkelsnit, MK Dae, bring die nuwe Afrikaanse rockgroep Kerk Straat nie net nostalgie terug nie, maar ook ’n belangrike gesprek oor egtheid in musiek. Die lied dien as ’n herinnering aan ’n tyd waar platforms soos MK nie net vermaak gebied het nie, maar ’n ruimte geskep het vir rou, eerlike stories en ’n generasie kunstenaars wat hul stemme ontdek het.
6 days ago


SCHWABIE - 'Vir Nou': ’N OOMBLIK VAN RUS EN DANKBAARHEID
Met die vrystelling van “Vir Nou” gee Schwabie luisteraars nog ’n voorsmakie van wat om te verwag van sy komende album, Vreedsaam. Hierdie snit is die tweede vrystelling van die projek, wat uiteindelik uit tien liedjies gaan bestaan. Die album sal nie alles op een slag verskyn nie, maar eerder stelselmatig deur die jaar vrygestel word, met ’n paar interessante samewerkings wat ook op pad is.
Mar 27


“Ek Het Jou”: CHXNELLE VANG DIE STIL KRAG VAN LIEFDE VAS
Chxnelle stel haar nuutste enkelsnit, Ek Het Jou, bekend, ’n lied wat nie oor groot gebare of dramatiese beloftes gaan nie, maar eerder oor die rustige sekerheid van liefde. Dit is ’n eerlike en intieme snit wat fokus op daardie skaars gevoel waar jy weet jy het reeds alles wat jy nodig het, net deur iemand se teenwoordigheid.
Mar 27


“Spoed” VAT OOR: VAN PLETZEN LEWER PURE ENERGIE
VAN PLETZEN is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Spoed, en dit is duidelik dat die duo geen planne het om stadiger te ry nie. Die snit dien as die eerste voorsmakie van hul opkomende vyfde album en bring ’n vars, energieke klank wat reguit gemik is op die dansvloer.
Mar 21


HAPPY EN LUCKY: ’N INTIEME KYK NA FRANCOIS VAN COKE SE EERSTE DEKADE AS SOLOKUNSTENAAR
Francois van Coke vier ’n belangrike mylpaal met Happy en Lucky, ’n kort musiekdokumentêr wat die eerste tien jaar van sy sololoopbaan vasvang. Die film fokus op die tydperk vanaf 2015 tot 2025 en bied ’n eerlike en persoonlike reis op Francois se groei, uitdagings en invloede binne die Afrikaanse musiekbedryf.
Mar 20


'Smoorverlief' HERLEEF: HENDRIÉK BLEIK GEE NUWE LEWE AAN ’N IKONIESE LIED
Hendriék Bleik bring met sy weergawe van “Smoorverlief” ’n vars, emosioneel gelaaide interpretasie van ’n bekende Afrikaanse lied. Die snit is oorspronklik geskryf en vrygestel deur Riku Lätti in 2004, en het oor die jare ’n spesiale plek in die harte van baie luisteraars ingeneem. Vir Hendriék is hierdie lied nie net ’n cover nie, maar ’n persoonlike eerbetoon aan een van die min Afrikaanse kunstenaars na wie hy werklik geluister het.
Feb 13


NUWE HOOFSTUK BREEK AAN VIR DIE GROEP ROOKSEIN
Rooksein, die gewilde Afrikaanse groep wat in 2018 deur drie studente-vriende van Potchefstroom gestig is, betree ’n nuwe fase in hul musikale reis. Wat as ’n vriendskap en gedeelde passie vir musiek begin het, het oor die afgelope agt jaar ontwikkel tot ’n gevestigde naam in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Feb 9


’N PAINTING EN ’N LIED: RIKUS VAN DER VLIES OOR ‘Niks Meer.’
Die storie agter Rikus van der Vlies se nuwe liedjie ‘Niks Meer.’ is effens paradoksaal. Dis ’n geval van alles is niks en niks is alles. Wat begin het by liefde, het gegroei tot ’n klomp gedigte, later ’n skildery en uiteindelik ’n break-up song.
Jan 30


'Voel Jy Die Son': DONKERBAAI SE NUWE ENKELSNIT VANG DIE STIL KRAG VAN INTIMITEIT
Donkerbaai keer terug met hul jongste enkelsnit en musiekvideo, “Voel jy die son". Die groep, wat bekend is vir hul warm Afrikaanse indie-pop klank, bly getrou aan hul unieke styl terwyl hulle weer ’n emosionele en atmosferiese luisterervaring skep.
Jan 29


KRISTI STEYN SE 'Agtergelaat’ GEE ’N STEM AAN DIE WAT HUL 'GOUD' VERLOOR HET.
Met Agtergelaat bring Kristi Steyn ’n hartverskeurende, deurleefde nuwe lied wat direk praat met mense wie al te veel gegee het in die hoop dat liefde hulle sou red. Die lied is geskryf vir die gebroke harte; vir die mense wat gedink het dit gaan beter word; vir die wat probeer het tot daar niks van hulself oor was nie. Agtergelaat is nie net ’n lied nie - dit is ’n rou erkenning van hoe dit voel wanneer jy alles gee, jou hele hart oopvou, en tog uiteindelik alleen agterbly.
Dec 8, 2025


DROOMSINDROOM SE SIMPTOME: ’N GENERASIE SE HARTKLOP IN VIER SNIT EP.
Die Pretoria-gebaseerde alternatiewe pop broers-duo Droomsindroom keer terug met hul nuutste projek, Simptome - ’n vier-track EP wat die rou emosies, hoop en onstuimigheid van ’n jong generasie vasvang. Dit is ’n projek wat nie net luister nie, maar voel, soos ’n polsslag wat onder die vel klop, soos die gedagte wat jou nie los nie, soos ’n waarheid wat uiteindelik naam kry.
Dec 5, 2025


HANOI-HITTE EN JONG LIEFDE: NORRA SE 'Soet Somer'.
Met Soet Somer bring NORRA ’n nuwe enkelsnit wat die warmte, humiditeit en emosionele kompleksiteit van ’n somerliefde vasvang. Die liedjie put uit herinneringe aan Hanoi se vogtige hitte - ’n liefde wat jaar ná jaar weer opvlam, maar altyd eindig in soutgesoende wange wanneer swerflus die jong verhouding uitmekaar trek. Dit is ’n vrystelling wat haar kenmerkende emosionele diepte en sterk beeldspraak onmiskenbaar na vore bring.
Dec 4, 2025


JACQUES NOT JACK EN WOLKBREIN SPAN KRAGTE IN NUWE LIED “Kan Nie Kla Nie”
Die nuwe vrystelling “Kan Nie Kla Nie” bring Jacques Not Jack en Wolkbrein saam in ’n samewerking wat op die mees organiese manier moontlik ontstaan het. Die snit val in die indie-folk genre en is by Alwyn Bekker Studios aanmekaargesit, waar die volledige produksieproses plaasgevind het.
Dec 1, 2025


'Twee Gebede': LAN3 SE LIED AS STEM TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD
As ’n liedjieskrywer wat haar eie musiek skryf, beskryf Lan3 haar musiek as onbeskaamd rou. Dit geld ook vir haar nuwe lied, “Twee Gebede.” Wat begin het as ’n gewone, onverwagse Sondag sonder enige inspirasie, het uiteindelik verander in ’n lied wat diep emosionele snare raak en dieper betekenis gekry het as wat sy aanvanklik besef het.
Nov 29, 2025


JANIE BAY KLEUR DIE JAAR LIGTER MET ‘Gou Gou’.
Bekende Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Janie Bay het haar nuutste enkelsnit, “Gou Gou”, bekendgestel, ’n lied met ’n ligter, meer energieke klank wat steeds haar kenmerkende styl dra.
Nov 14, 2025


TYLO NAVIGEER VERLORE LIEFDE IN NUWE ENKELSNIT “Doodloopstraat”
Met haar nuutste enkelsnit, “doodloopstraat”, bied Tylo ’n rou en eerlike kyk na verhoudings wat al lank ophou werk het, al probeer mens aanhou hoop. Die lied fokus op daardie moeilike moment waar twee mense steeds sukkel om mekaar te bereik, maar albei diep binne weet die einde is in sig.
Oct 31, 2025


DIE PIESANGSKILLE BLY EERLIK MET NUWE EP - ’N BLADSY UIT DIE LEWE
Die gunsteling duo Die Piesangskille is terug met ’n nuwe EP, bestaande uit drie liedjies wat hul mees eerlike en persoonlike werk tot dusver verteenwoordig. Die temas op die projek wissel tussen geloof, verlange, tuiswees en die kompleksiteit van menslike verhoudings.
Oct 24, 2025


“Sou Jy” - ARMAND JOUBERT SE MEES PERSOONLIKE WERK NOG.
Die talentvolle en geliefde Suid-Afrikaanse sanger Armand Joubert is terug met ’n splinternuwe enkelsnit getiteld “Sou Jy,". Hierdie diep en eerlike lied beloof om luisteraars te raak met sy rou emosie en hartlike boodskap oor verlies, aanvaarding en liefde wat voortleef, selfs nadat iemand nie meer daar is nie.
Oct 24, 2025
bottom of page

