top of page

JANIE BAY KLEUR DIE JAAR LIGTER MET ‘Gou Gou’.

  • Nov 14, 2025
  • 1 min read

Updated: Dec 3, 2025

Bekende Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Janie Bay het haar nuutste enkelsnit, “Gou Gou”, bekendgestel, ’n lied met ’n ligter, meer energieke klank wat steeds haar kenmerkende styl dra.


Janie Bay / Fotograaf: Vividd
Janie Bay / Fotograaf: Vividd

Bay, wat bekend is vir haar vars benadering tot Afrikaanse musiek, sê sy wou hierdie keer iets vroliks en positief skep ná ’n uitdagende jaar.


“Ek was regtig net lus om ’n ‘feel good’-liedjie te skryf en maak. Dit was ’n tawwe jaar en selfs my eie siel het gevra vir iets bietjie ligter,” sê Janie. Sy voeg by dat sy daarvan hou dat luisteraars hul eie betekenis aan haar musiek kan gee.


“Ek dink mense kan self besluit waaroor die liedjie vir hulle gaan of wat dit vir hulle beteken, maar daar is vir seker ’n dieper betekenis ook. Soos met meeste van my liedjies, al is dit ’n lekker popliedjie,” sê sy.


Met “Gou Gou” wys Janie weer haar veelsydigheid as kunstenaar. Haar vermoë om tussen emosionele, introspektiewe musiek en ligter popklanke te beweeg, hou haar werk vars en relevant. Die lied sluit aan by haar voortdurende groei as musikant en bevestig haar posisie as een van die min Afrikaanse kunstenaars wat haar eie klank bly ontwikkel sonder om haar identiteit te verloor.


Die lied is vervaardig deur Janie Bay, Jaques Victor en Deon Dee.


“Gou Gou” is nou beskikbaar op alle digitale platforms.


Kyk die musiekvideo hier:



Comments


Alternatief In Afrikaans

musieknuus

Image 7.jpeg
  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

@alternatiefafrikaans

© 2025 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page