top of page

HANOI-HITTE EN JONG LIEFDE: NORRA SE 'Soet Somer'.

Updated: Dec 4

Met Soet Somer bring NORRA ’n nuwe enkelsnit wat die warmte, humiditeit en emosionele kompleksiteit van ’n somerliefde vasvang. Die liedjie put uit herinneringe aan Hanoi se vogtige hitte - ’n liefde wat jaar ná jaar weer opvlam, maar altyd eindig in soutgesoende wange wanneer swerflus die jong verhouding uitmekaar trek. Dit is ’n vrystelling wat haar kenmerkende emosionele diepte en sterk beeldspraak onmiskenbaar na vore bring.


NORRA
NORRA / Verskaf / Fotograaf: Nadia Ettwein

NORRA, die Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer wat haar klank vorm uit internasionale invloede van New York tot Hanoi tot Kaapstad, loop nooit dieselfde pad twee keer nie. Haar stem beweeg soos poësie oor melodie, en haar optredes dra altyd daardie kombinasie van dramatiese flair en emosionele rouheid waarmee sy luisteraars vaspen. Haar musiek laat haar nooit binne grense woon nie - elemente van folk, indie en rock vloei saam in ’n klank wat ewe kwesbaar en opbeurend is, met liedjies in Engels én Afrikaans wat altyd doelgerig dra.


Aan die begin van 2025 het sy ’n nuwe kreatiewe fase betree deur saam te werk met multi-instrumentalis Jaco Hanekom (jaco.music). Sy veelsydige musikaliteit bring nuwe teksture en lae na NORRA se reeds unieke styl - iets wat duidelik deurkom in hierdie vierde vrystelling van die jaar. Soet Somer dra ’n stewiger, meer energieke rockklank as haar vorige drie uitreikings, met produksie deur Kristi Boonzaaier en Jo Ellis, en Jaco Hanekom op akoestiese kitaar.


Soet Somer is ’n lied vir elkeen wat al geweet het hoe dit voel wanneer somer mooi begin… maar nooit mooi eindig nie.


Luister Somer Soet hier:



Comments


Alternatief In Afrikaans

musieknuus

Image 7.jpeg
  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

@alternatiefafrikaans

© 2025 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page