top of page

'Twee Gebede': LAN3 SE LIED AS STEM TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD

As ’n liedjieskrywer wat haar eie musiek skryf, beskryf Lan3 haar musiek as onbeskaamd rou. Dit geld ook vir haar nuwe lied, “Twee Gebede.” Wat begin het as ’n gewone, onverwagse Sondag sonder enige inspirasie, het uiteindelik verander in ’n lied wat diep emosionele snare raak en dieper betekenis gekry het as wat sy aanvanklik besef het.


Lan3
Elan3 / Verskaf

Die woorde van die lied het spontaan na haar toe gekom terwyl sy na ’n eenvoudige musiekloop geluister het. Sy het nie geweet hoekom hierdie lied moes ontstaan nie, veral omdat sy self nog nooit deur so ’n soort ervaring was nie. Later het dit vir haar duidelik geword dat Twee Gebede bedoel is om ’n stem te gee aan mense in moeilike omstandighede, en om ander te help om daardie ervarings beter te verstaan.


Lan3 sê:“Ek hoop dat hierdie liedjie luisteraars sal raak en ’n bietjie meer begrip en empatie in die wêreld sal bring en ek is jammer vir die mense vir wie hierdie liedjie dalk ou wonde gaan oopmaak.”


Met die verhoging van Geslagsgebaseerde Geweld (GBV) in die land, sowel as die Women For Change Shutdown en die komende 16 dae van aktivisme, deel Lan3 hierdie boodskap bewustelik. Vir haar is “Twee Gebede” nie net ’n lied nie, maar ’n opstand teen die geweld wat soveel vroue ervaar.


Sy sien die lied as ’n manier om bewustheid te bring en om te wys dat musiek ook kan praat namens dié wat nie altyd kan nie. Twee Gebede is nie gebore uit persoonlike ervaring nie, maar uit ’n behoefte om ander se verhale te dra.


Indien jy hulp benodig of weet van iemand kontak:

GBV Centre (24/7): 0800 428 428

SMS "HELP" na: 31531

GBV Helpline: 0800 150 150


“Twee Gebede” is nou beskikbaar op alle digitale platforms.


Luister hom hier:



Comments


Alternatief In Afrikaans

musieknuus

Image 7.jpeg
  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

@alternatiefafrikaans

© 2025 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page