top of page

JACQUES NOT JACK EN WOLKBREIN SPAN KRAGTE IN NUWE LIED “Kan Nie Kla Nie”

Die nuwe vrystelling “Kan Nie Kla Nie” bring Jacques Not Jack en Wolkbrein saam in ’n samewerking wat op die mees organiese manier moontlik ontstaan het. Die snit val in die indie-folk genre en is by Alwyn Bekker Studios aanmekaargesit, waar die volledige produksieproses plaasgevind het.


Jacques Not Jack, Wolkbrein
Jacques Not Jack & Wolkbrein / Verskaf

Rick aka Wolkbrein deel dat hy al lank van Jacques weet en sy musiek geniet. Omdat hulle albei onafhanklike kunstenaars is met ’n voorkeur vir alternatiewe Afrikaanse klanke, het die idee om saam te werk spontaan en natuurlik gevoel. Die oorsprong van die lied lê terug in ’n informele, ontspannende oomblik saam met vriende in Dullstroom, waar Wolkbrein (Rick) die lied geskryf het, spesifiek met Jacques in gedagte.


Kort na hierdie kreatiewe oomblik het Jacques hoh onverwags gekontak en gevra of hy aan iets saam wil werk. Hy was verras toe hy hoor dat hy reeds ’n volledige lied vir hulle samewerking gereed het. Vanuit daardie moment het die lied momentum gekry: Jacques het verder geskryf aan die snit, waarna hulle die volledige lied saam by Alwyn Bekker Studios aanmekaar gesit het.


Volgens Wolkbrein was dit ’n feestelike ervaring om saam aan die projek te werk, en die kreatiewe dinamiek tussen hulle het natuurlik gevloei. Nou, vyf maande nadat die lied in Dullstroom geskryf is, is “Kan nie kla nie” gereed vir vrystelling.


Die lied dra die gevoel van vriendskap, eenvoud en die klein oomblikke wat dikwels die meeste waarde het. Wolkbrein verduidelik dat dit soms voel asof die oomblikke wat ons steel saam met vriende, die werklike lewe is en dat die stadlewe eerder soos ’n droom kan aanvoel. Hy hoop dat hierdie gevoel duidelik vasgevang is in die lied en dat luisteraars dit op hul eie manier sal ervaar.


“Kan Nie Kla Nie” is die resultaat van tydige kreatiewe inspirasie, onverwagsheid en ’n samewerking wat vanself in plek geval het. Hy is nou ook beskikbaar op alle digitale platforms.


Luister hom hier:



Comments


Alternatief In Afrikaans

musieknuus

Image 7.jpeg
  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads

@alternatiefafrikaans

© 2025 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page