top of page


FRANCOIS VAN COKE EN ZAAN SONNEKUS LEEF VOLUIT IN “LEWE”
Francois van Coke en Zaan Sonnekus is terug met “LEWE”, hul tweede enkelsnit saam ná “Almal Baklei” in 2023. Hierdie keer gaan dit minder oor baklei en meer oor die soort oomblikke wat ’n mens nie te lank moet uitstel nie.
KARLA BOSCH
Aug 282 min read


AFRIKAANS KRY SY EIE AMPTELIKE MUSIEK CHART SHOW: DIE TJAART!
'n Nuwe hoofstuk vir Afrikaanse musiek breek hierdie week aan met die bekendstelling van Die TJAART! – Die Afrikaanse Musiek Chart Show, wat op Donderdag 6 Augustus om 19:00 sy première op YouTube maak. Aangebied deur Reandi Grey, tel die program elke maand die Top 20 grootste Afrikaanse treffers in Suid-Afrika af.
KARLA BOSCH
Aug 41 min read


MEER AS NET 'N NUWE LIED: ZAAN SONNEKUS BEGIN 'N NUWE HOOFSTUK
Zaan Sonnekus is terug met Te Laat, 'n nuwe enkelsnit. Dit verskyn op 7 Augustus op alle digitale musiekplatforms. Die lied bring nie net nuwe musiek nie. Dit beteken ook die begin van 'n nuwe hoofstuk in die kunstenaar se lewe.
KARLA BOSCH
Aug 22 min read


FRANCOIS VAN COKE KEER TERUG NA SY 'PUNK-ROOTS' MET NUWE VRYSTELLING, "BANGKINNERS"
Francois van Coke hou sy belofte om elke maand nuwe musiek uit te reik, en sy jongste enkelsnit, "Bangkinners", wys weer waarom hy al vir jare een van Afrikaans se bekendste rockstemme is. Die lied is die volgende vrystelling in sy reeks maandelikse enkelsnitte wat tot September 2026 sal verskyn, en dié keer draai hy die volume op met 'n rou punk-klank wat teruggryp na sy musikale 'roots'.
KARLA BOSCH
Jul 302 min read


FRANCOIS VAN COKE & VRIENDE 2026: EEN AAND, HOPE TREFFERS EN 'N VERHOOG VOL VRIENDE
Francois van Coke & Vriende keer op Vrydag 9 Oktober terug na die SunBet Arena by Time Square in Pretoria, en as die aankondiging enigiets is om op te gaan, wag daar weer 'n groot aand vir aanhangers van Afrikaanse rock en alternatiewe musiek. Die konsert, wat sedert 2018 jaar ná jaar uitverkoop, het oor die jare een van die grootste gebeurtenisse op die plaaslike alternatiewe musiekkalender geword. Wat Francois van Coke & Vriende anders maak, is die unieke konsep agter die p
KARLA BOSCH
Jun 42 min read
bottom of page
