top of page


ZAAN SONNEKUS: NUWE LIED, NUWE ALBUM, NUWE HOOFSTUK
As ’n verhouding skeefloop, is daardie stil foon nooit ’n goeie teken nie. Maar snaaks genoeg, later verlang jy selfs na die oproepe wat in ’n bakleiery eindig. Dis die ongemaklike gevoel waarmee Zaan Sonnekus speel in sy nuwe enkelsnit, Haat My: miskien beteken iemand se woede dat jy darem nog in hul kop rondlê. Die snit sien op 30 Oktober die lig en gee eers net ’n voorsmakie van sy nuwe album wat op 13 November beskikbaar is.
KARLA BOSCH
Oct 282 min read


WRAKINJAN BRING POP-PUNK MET ‘N PERSOONLIKE KANT
Wrakinjan se tweede pop-punk-enkelsnit, “Anderkant”, is nou uit en vertel van ’n ware konneksie wat bly, maak nie saak hoeveel tyd verbygaan of of jy dit wil hê of nie. Sanger en kitaarspeler Arno Venter het die liedjie geskryf, terwyl medekitaarspeler Ruan Graaff dit vervaardig het. Arno noem dat die dinge waarmee hy sukkel, of al gesukkel het, in sy musiek uitkom.
KARLA BOSCH
Oct 162 min read


MOEILIKHEID HAAL MASKER AF OP DEBUUTALBUM
Vir Moeilikheid, ook bekend as M, het sy debuutalbum begin toe hy homself beter verstaan het. Ná jare waarin hy gevoel het hy moet dele van homself wegsteek, gee H.K.G.K. daardie gedagtes en gevoelens ’n plek om hardop gehoor te word. Die album se 13 snitte beweeg tussen alternatiewe pop en rock, met liefde, verslawing, geloof en hoop as temas. M het ’n groot deel self geskryf, vervaardig en opgeneem.
KARLA BOSCH
Oct 75 min read


SCHWABIE EN VREEMD: SPAN SAAM VIR SPLINTERNUWE ENKELSNIT, "MISDAAD"
Twee unieke stemme in die alternatiewe Afrikaanse musiektoneel slaan vir die eerste keer musikale hande saam. Schwabie en Vreemd stel op Vrydag 7 Augustus hul splinternuwe enkelsnit, Misdaad, vry.
Die samewerking bring twee kunstenaars met hul eie kenmerkende style bymekaar en skep 'n vars klank wat die sterk punte van albei laat uitstaan. Dit is 'n samewerking wat jy dalk nie geweet het jy nodig het nie, maar een wat beslis die moeite werd is om dop te hou.
KARLA BOSCH
Aug 31 min read
bottom of page
