top of page

JÄGERMEISTER & SAFENOW: VERSTERK VEILIGHEID BY HAUS OF KÜHL

  • Jul 6
  • 2 min read
Jägermeister haus of kuhl
Verskaf / Jägermeister Haus of Kuhl

Die nuwe veiligheidsplatform gee feesgangers vinniger toegang tot hulp voor, tydens en ná die geleentheid. Terwyl die opwinding vir Jägermeister Haus of Kühl 2026 aanhou groei, het Jägermeister aangekondig dat die persoonlike veiligheidsplatform SafeNow deel van vanjaar se ervaring gaan wees. Die inisiatief vorm deel van die handelsmerk se wêreldwye program om veiliger naglewe te bevorder en bied feesgangers ekstra ondersteuning gedurende die geleentheid.


SafeNow stel gebruikers in staat om 'n vertroude netwerk van vriende of familie op te stel en, indien nodig, met die druk van 'n knoppie hul ligging met dié kontakte te deel. By Haus of Kühl sal die platform verder geïntegreer wees met die geleentheid se sekuriteitspan, wat beteken deelnemers kan ook vinnig hulp ontbied indien 'n noodgeval sou ontstaan.


Jägermeister haus of kuhl

Volgens Ephraim Manana Sr., Kultuur- en Ervaringsbemarkingsbestuurder by Jägermeister, gaan goeie naglewe nie net oor musiek nie, maar ook oor ruimtes waar mense veilig voel.


" By Jägermeister glo ons dat goeie naglewe begin met die skep van ruimtes waar mense veilig, ondersteun en vry voel om die oomblik te geniet. "


Hoe ‘SafeNow’ Werk

  • Laai af: Kry die SafeNow App voor jy Haus of Kühl bywoon.

  • Stel in: Skep jou vertroude netwerk deur vriende, familie of benoemde kontakte by te voeg.

  • Gebruik Enige Plek: Gebruik die App terwyl jy reis, die geleentheid bywoon, of op pad huis toe.

  • Alarm Netwerk: Indien jy hulp benodig, aktiveer ‘n alarm om dadelik jou ligging pf posisie met jou kontakte te deel.

  • Haus of Kühl sal ‘n SafeNow-sone wees. Deelnemers sal onmiddellike toegang tot sekuriteit hê deur ‘n alarm by die geleentheid te aktiveer.


Jägermeister sê die doel is om persoonlike veiligheid en professionele ondersteuning saam te bring sodat besoekers met groter gemoedsrus die musiek, kultuur en atmosfeer van Haus of Kühl kan geniet. Haus of Kühl vind op 25 Julie 2026 by Victoria Yards in Johannesburg plaas. Ná die uitverkoping van Fase Een-kaartjies is Fase Twee nou beskikbaar.


Kry jou kaartjies nou!



Datum: 25 Julie 2026

Adres: Victoria Yards, 16 Viljoenstraat, Lorentzville, Johannesburg

Kaartjies: Fase Twee is beskikbaar hier



Comments


© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page