top of page

RUK EN RYM 2026: ONTMOET VANJAAR SE 20 SEMIFINALISTE

Aug 20
2 min read

Updated: Aug 20

Ruk en Rym 2026

Die verhoog is gereed vir ’n nuwe groep alternatiewe kunstenaars om hul merk te maak. Die twintig semifinaliste vir Taalgenoot Ruk en Rym 2026 is nou amptelik aangekondig! Hierdie jaar vind die kompetisie vir die vierde keer plaas en bied dit ’n belangrike platform vir musikante wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke skep. Met meer as 90 inskrywings wys Ruk en Rym weer hoeveel vars talent en verskillende klanke tans in die Afrikaanse alternatiewe musiektoneel groei.


Uit al die inskrywings is twintig kunstenaars gekies om tydens twee semifinale rondtes in Stellenbosch en Centurion hul talent op die verhoog te wys.


SEMIFINAAL 1: STELLENBOSCH

Die eerste semifinaal vind op Saterdag 29 Augustus by Daisy Jones Bar in Stellenbosch plaas.


Die 10 semifinaliste is:

  • Amapretty Records

  • Arthur Steele

  • Gktimo

  • Hoofmeisie

  • Janco Mouton

  • Katjie

  • Luzelle

  • Mr Moody

  • Pous Calla

  • Toordokter


Die kletsrymer Ready D sluit by die paneel aan as gasbeoordelaar vir hierdie rondte en Magé, die wenner van Ruk en Rym 2025, tree as gaskunstenaar op.


SEMIFINAAL 2: CENTURION

Die tweede semifinaal is op Saterdag 12 September by Railways Café in Centurion.


Die 10 semifinaliste is:

  • Kerk Straat

  • Konstant Wiesner

  • Landi Lu

  • Lelies en Roos

  • Likkewaan

  • Nagbreek

  • Ninoeh

  • Nog Meer

  • Tatum

  • TWO


Feesorganiseerder Johan Auriacombe is die gasbeoordelaar vir hierdie rondte en die Ruk en Rym-alumni Bcom tree as gaskunstenaars op.


Mage
Ruk & Rym 2025 Wenner / Magé

Die eerste rondte van inskrywings is beoordeel deur Jaco van der Merwe, kreatiewe regisseur van Taalgenoot-Ruk en Rym, Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties, kletsrymer Jerome Rex, TV- en radiopersoonlikheid Lundi Khoisan en Wendy Verwey Bekker, ’n uitvoerende beampte in die musiekbedryf.


Van der Merwe sê die verskeidenheid van vanjaar se inskrywings het hom weer opgeval. Kunstenaars uit verskillende dele van die land en ’n wye reeks genres het ingeskryf.


Ruk en Rym is regtig ’n platform soos geen ander nie wat plek maak vir hierdie soort "authentic expression". Dis so ’n joy om die musiek te hoor, en dis vir ons amazing dat jy hier gehoor en waardeer word en die kans kry om jou musiek op ’n lekker verhoog met ’n groter gehoor te deel.sê hy.


Angie Gallagher, assistentregisseur van Taalgenoot-Ruk en Rym, sê die span is trots daarop dat die kompetisie geleenthede aan Afrikaanse kunstenaars bied wat nie maklik elders beskikbaar is nie.


Die beoordelaarspaneel vir die semifinale rondes en die finaal bestaan uit Jaco van der Merwe, musikante Paul Riekert en Augusta Zietsman (beter bekend as SOSSI), en die liedjieskrywer en voormalige Ruk en Rym-deelnemer Janke Mostert van die groep Dierbaar, wat vanjaar as nuwe lid by die paneel aansluit. ’n Gasbeoordelaar help ook tydens elke semifinaal en die finale ronde om die uiteindelike wenner te kies.


Die 20 semifinaliste ding nie net om groot pryse, insluitend kontantpryse, mee nie, maar ook om ’n plek in die finaal op 4 Oktober. Die finale ronde vorm deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program, met Van Pletzen wat ook op die program verskyn.


Kaartjies vir die twee semifinale rondes sal binnekort beskikbaar wees. Hou Ruk en Rym se Facebook- en Instagram-blaaie dop vir verdere besonderhede.









Comments


IMG_2128.jpeg

@alternatiefafrikaans

  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads
IMG_5275.JPG

NUUSBRIEF

© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page