top of page


TWO: AFRIKAANSE PUNK WAT ONMOONTLIK IS OM TE IGNOREER
Daar is niks voorspelbaar aan TWO se musiek nie. Die 25-jarige sanger-liedjieskrywer en klankingenieur kom van die Oos-Kaap, maar bou tans sy musiekloopbaan in Johannesburg. Hy het al met pop, house, hip-hop en amapiano gewerk, maar kombineer nou synth-punk, alternatiewe R&B en AfroRage om ’n klank te skep wat nie maklik in een boks pas nie.
KARLA BOSCH
Aug 232 min read


RUK EN RYM 2026: ONTMOET VANJAAR SE 20 SEMIFINALISTE
Die verhoog is gereed vir ’n nuwe groep alternatiewe kunstenaars om hul merk te maak. Die twintig semifinaliste vir Taalgenoot-Ruk en Rym 2026 is nou amptelik aangekondig! Hierdie jaar vind die kompetisie vir die vierde keer plaas en bied dit ’n belangrike platform vir musikante wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke skep. Met meer as 80 inskrywings wys Ruk en Rym weer hoeveel vars talent en verskillende klanke tans in die Afrikaanse alternatiewe musiektoneel groei.
KARLA BOSCH
Aug 202 min read


LIKKEWAAN VANG DIE GEES VAN DIE SEE IN NUWE "EMERALD EYES"-MUSIEKVIDEO
Die alternatiewe Afrikaanse kunstenaar Likkewaan het vandag die amptelike musiekvideo vir "Emerald Eyes" op YouTube vrygestel, 'n visuele reis wat nie net die lied aanvul nie, maar ook die storie vertel van 'n kunstenaar wat 'n nuwe tuiste, nuwe inspirasie en 'n nuwe perspektief langs die kus gevind het. Die video is moontlik gemaak met die ondersteuning van kykNET, nadat Likkewaan as finalis aan die Taalgenoot Ruk en Rym-kompetisie deelgeneem het.
KARLA BOSCH
Jul 171 min read


RUK & RYM 2026: SOEK NA VOLGENDE ALTERNATIEWE STEM
Inskrywings vir Taalgenoot-Ruk en Rym 2026 is amptelik oop, en alternatiewe Afrikaanse kunstenaars van regoor die land word genooi om hul musiek in te skryf. Sedert die kompetisie se ontstaan in 2023 het Ruk en Rym gegroei tot een van die belangrikste platforms vir nuwe stemme binne die alternatiewe Afrikaanse musiekwêreld.
KARLA BOSCH
Jun 92 min read


JUST MIA, VIER VRYHEID EN VREUGDE MET HAAR NUWE SNIT “Somer”
Die talentvolle Afrikaanse kunstenaar Just Mia het luisteraars verras met haar splinternuwe enkelsnit, “Somer”, wat op 10 Oktober vrygestel is. Die lied is ’n helder, vrolike viering van lewe, vryheid en lig en bring ’n vars, sonnige energie wat onmiddellik aansteek.
KARLA BOSCH
Oct 14, 20252 min read
bottom of page
