top of page

LIKKEWAAN VANG DIE GEES VAN DIE SEE IN NUWE "EMERALD EYES"-MUSIEKVIDEO

Jul 17
1 min read

Updated: Sep 3

LIKKEWAAN
Likkewaan / Verskaf

Die alternatiewe Afrikaanse kunstenaar Likkewaan het vandag die amptelike musiekvideo vir "Emerald Eyes" op YouTube vrygestel, 'n visuele reis wat nie net die lied aanvul nie, maar ook die storie vertel van 'n kunstenaar wat 'n nuwe tuiste, nuwe inspirasie en 'n nuwe perspektief langs die kus gevind het. Die video is moontlik gemaak met die ondersteuning van kykNET, nadat Likkewaan as finalis aan die Taalgenoot Ruk en Rym-kompetisie deelgeneem het.


"Emerald Eyes" is geïnspireer deur Gareth se groot lewensverandering toe hy die binneland vir Durban en die see verruil het. Die skuif het nie net sy leefwêreld verander nie, maar ook sy verhouding met musiek en die rustigheid wat hy in die water ontdek het.



LIKKEWAAN

Vir die musiekvideo het Gareth saam met rolprentregisseur Dan Philojean en water-videograaf Darren Simes na Bazley Beach aan die KwaZulu-Natalse Suidkus vertrek. Oor vier dae is 'n surf-avontuur vasgevang saam met pro-branderplankryer Ricky Basnett en 'n groep branderplankryers van Namibië en Kaapstad, met die fokus op die kameraadskap, avontuur en eenvoudige vreugde van tyd in die branders.


Hoewel Gareth self erken hy is nie die mees ervare branderplankryer nie, was hy vasbeslote om die ervaring ten volle aan te pak en die atmosfeer van die Suidkus op film vas te vang.


"Hierdie video gaan nie net oor branderplankry nie, dit gaan oor die mense, die avontuur en daardie seldsame oomblikke van stilte wat jou perspektief op die lewe kan verander."


"Emerald Eyes" en sy musiekvideo is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms, asook luister hom nou op ons NUWE / ALTERNATIEF IN AFRIKAANS Speellyste: Apple Music | Spotify








Comments


IMG_2128.jpeg

@alternatiefafrikaans

  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads
IMG_5275.JPG

NUUSBRIEF

© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page