top of page


HANOI-HITTE EN JONG LIEFDE: NORRA SE 'SOET SOMER'
Met Soet Somer bring NORRA ’n nuwe enkelsnit wat die warmte, humiditeit en emosionele kompleksiteit van ’n somerliefde vasvang. Die liedjie put uit herinneringe aan Hanoi se vogtige hitte - ’n liefde wat jaar ná jaar weer opvlam, maar altyd eindig in soutgesoende wange wanneer swerflus die jong verhouding uitmekaar trek. Dit is ’n vrystelling wat hul kenmerkende emosionele diepte en sterk beeldspraak onmiskenbaar na vore bring.
KARLA BOSCH
Dec 4, 20251 min read
bottom of page
