top of page

KRISTI STEYN KIES EGTHEID MET 'LIVE' ALBUM

Aug 2
1 min read

Updated: Sep 3

Kristi Steyn
Verskaf / Kristi Steyn

In 'n tyd waar tegnologie en oorproduksie al hoe meer deel van musiek word, kies Kristi Steyn om terug te keer na die kern van 'n regte lewendige musiekervaring.


Haar komende live album, "As Die Mooi Aan Ons Haak", is voor 'n gehoor opgeneem, sonder "autotune" en sonder onnodige oorproduksie. Die doel is eenvoudig: om die eerlikheid, emosie en spontane oomblikke van 'n regstreekse vertoning vas te vang, nes dit gebeur het. Volgens Kristi is die album 'n viering van egte stemme, eerlike storievertelling en die klein, onperfekte oomblikke wat lewendige musiek so besonders maak. Die titel, "As Die Mooi Aan Ons Haak", weerspieël haar hoop dat die musiek op 'n opregte manier by luisteraars sal aanklank vind en lank ná die laaste noot sal bly vassteek.


Die eerste voorsmakie van die album is reeds beskikbaar, terwyl "As Die Mooi Aan Ons Haak" op 28 Augustus volledig op alle digitale stroomplatforms verskyn.


Haar nuutste enkelsnit “Hoe Moet Ek Stop” is beskikbaar op alle digitale platforms, asook op ons Spotify & Apple Music Speellyste - NUWE / ALTERNATIEF IN AFRIKAANS: Apple Music  | Spotify





Comments


IMG_2128.jpeg

@alternatiefafrikaans

  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads
IMG_5275.JPG

NUUSBRIEF

© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page