top of page

JANIE BAY EN HUNTER KENNEDY KEER TERUG MET “HOU BENE HOU”

Aug 26
1 min read

Updated: Sep 3

HUNTER KENNEDY, JANIE BAY
Kunstenaars, Janie Bay & Hunter Kennedy

Janie Bay en Hunter Kennedy werk saam aan musiek sedert 2017. “Wag Vir Jou” was hul eerste liedjie en Afrikaanse luisteraars het dit goed ontvang. Hulle het die samewerking in 2024 voortgesit met “Ons Verander”. Die liedjie het in 2025 die Aitsa-toekenning vir Beste Alternatiewe/Rock-liedjie gewen en word steeds op radiostasies regoor Suid-Afrika gespeel.


Nou voeg die twee kunstenaars ’n derde hoofstuk by hul samewerking. Hulle doen dit met die alternatiewe popsnit “Hou Bene Hou”.





---


'Hou Bene Hou' gaan oor die kontras van mens wees. Teenoorgesteldes kan waar wees op dieselfde tyd, en als tussen in. Dat die lewe grys is en nie net wit en swart nie.

Janie en Hunter praat oor die frustrasie wat jy voel as jy jou diepste gedagtes, gevoelens en ervarings probeer deel, maar dit nie by iemand uitkom nie. Tog het die liedjie ’n boodskap oor uithou. Selfs as dinge moeilik raak, is daar steeds ’n rede om aan te hou en plek vir vervulling tussen die moeilike en mooi dele van die lewe.


Hul vrystelling “Hou Bene Hou” is vanaf 28 Augustus beskikbaar op alle digitale platforms, asook op ons Spotify & Apple Music Speellyste - NUWE / ALTERNATIEF IN AFRIKAANS: Apple Music  | Spotify




Comments


IMG_2128.jpeg

@alternatiefafrikaans

  • Instagram
  • TikTok
  • Facebook
  • Threads
IMG_5275.JPG

NUUSBRIEF

© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page