top of page


AFRIKALT SE 'BOERE PUNK TOER' VAT DIE PAD
Vyf dorpe, vyf aande en ’n sterk dosis alternatiewe Afrikaanse musiek: Afrikalt se Boere Punk Toer trek van 15 tot 19 September deur die land met ’n wisselende groep kunstenaars. AfriKalt skop op 15 September sy Boere Punk Toer by Bohemia in Stellenbosch af. Van daar beweeg die toer deur Burgersdorp, Bloemfontein en Klerksdorp, voordat dit op 19 September by Railways Café in Centurion tot ’n einde kom.
KARLA BOSCH
Sep 102 min read


KAREL BESTER & DIE KRAAINES BAND BRING HUL EERSTE AKOESTIESE "Naglied"
“Geraas Jagers, K*k Praters, Psychedelic Boere Punk Makers.” Dié slagspreuk som perfek op wie Karel Bester & Die Kraaines Band is - ’n groep wat hul eie pad baan binne die alternatiewe Afrikaanse musiektoneel. Met hul kenmerkende mengsel van Boeremusiek- en Country-ritmes, die energie van Punk, en die tonaliteit van Psychedeliese Musiek, skep hulle ’n klankervaring wat uniek en onmiskenbaar hul eie is.
KARLA BOSCH
Sep 19, 20252 min read
bottom of page
