top of page

DIERBAAR: GEE STEM AAN DIE 'PEOPLE PLEASERS'

  • Jun 6
  • 1 min read

Updated: Jun 16

Dierbaar Musiek
Verskaf / Fotograaf: @es._.photos

Die alternatiewe Afrikaanse groep Dierbaar het hul vyfde enkelsnit, 'people pleaser', amptelik vrygestel.

Die liedjie ondersoek 'n tema waarmee baie luisteraars waarskynlik sal kan identifiseer: die druk om voortdurend ander mense tevrede te probeer stel, selfs wanneer dit ten koste van jouself kom.


Volgens die groep tref 'people pleaser' 'n balans tussen akoestiese en elektriese klanke en word dit beskryf as 'n kwesbare "deep cut". Die enkelsnit vra 'n eenvoudige, maar betekenisvolle vraag: Wat bly van 'n mens oor nadat jy alles van jouself prysgee om ander mense tevrede te stel?



Dierbaar


Dierbaar beskryf die liedjie as een vir enigiemand wat al ooit soggens wakker geword het en gevoel het asof die dag reeds meer van hulle verwag as wat hulle kan gee. Met hul nuutste vrystelling voeg die groep nóg 'n introspektiewe hoofstuk by hul groeiende katalogus van oorspronklike musiek. Die lied se eerlike tema en emosionele ondertoon maak dit 'n uitreiking wat by baie mense aanklank kan vind.


'people pleaser” is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms.

Luister hom ook op ons NUWE / ALTERNATIEF IN AFRIKAANS Speellys: Apple Music | Spotify




Comments


© 2026 Alternatief In Afrikaans / Kollekt Kreative Haus

bottom of page